|
Die doel van hierdie stiltetyd is dat ons sommer net rustig kan raak en die ander deel van sport ook met 'n boodskap kan aanhelp. Stuur gerus stories met 'n posetiewe inslag wat êrens iemand se dag kan opbeur.
Moet nie bekommer nie.
Vroeg vanjaar besoek ek die Top 10 Atletiekbyeenkoms. Ettienne van Rensburg, ek en Marius Nortje neem fotos vir die koerante en kom agter dat die beamptes taamlik streng is en sorg dat geen ander ouer of toeskouer naby die baan kom nie. Daar is soveel items wat gelyk plaasvind dat ons nie altyd weet of jy beter fotos kan neem by hoogspring, gewigstoot, verspring, diskus of die 200 meter nie. Ek bly toe maar by die atletiekbaan en kom agter 'n pa het erens die wakende oog van die beamptes vrygespring en staan redelik senuagtig so skuins agter die wenstreep. Dit was 'n redelike belewenis om die pa dop te hou toe die skoot klap en sien hoe hy die wedren beleef. Toe sy seun in die 3de plek oor die wenstreep kom, gryp sy pa hom om die lyf en sê " ou seun, ek het elke tree saam met jou gehardloop".
Daardie beeld het saam met my huistoe gegaan.
Die aand voor ek gaan slaap, is dit of ek 'n helder oomblik kry. Ek het nog nooit so daaraan gedink nie, maar as God die Vader oor ons voel soos daardie pa, het ons mos geen bekommernis dat hy nie saam met ons is, elke tree terwyl ons die wedloop van die lewe hardloop nie.
|
Stuur Stories
Die Besembestuurder.
Ek kom vanoggend so 07:15 by die werk, sluit my werkswinkel oop en dank God
vir die werkswinkel, gesondheid en omdat ek sy vrede en vreugde ervaar.
Die eerste kliënt kom vinnig nader en klim uit sy motor met 'n koppie Wimpy
koffie in sy hand en kla dis nie meer die koffie van ouds nie. 'n Ander
persoon wat ek ken kom van die slaghuis af opgestap met 'n pakkie vleis en
al kouende aan sy biltong grom-groet hy so asof dit 'n stryd is om te lewe.
Ek besluit vandag wil ek luister en ek het goed geluister...
Dit is nou 18:00, en ek wil jou vertel wat ek vandag gesien en ervaar het.
Ouens met baie geld kla oor pryse wat te hoog is. Die biltong man sê daar is
amper geen vleis op die rakke nie. Die ander ou kla oor ou brood en 'n ander
oor 'n koue hamburger wat hy wil vat en in Steers se manager se dinges wil
opdruk. My suster kla oor haar CD speler wat skoongemaak moet word en dit
kos R 80-00 wat sy nie kan betaal nie, want sy het nie geld nie.
Ek vertel jou kortliks wat ek vanoggend gesien en ervaar het. Die mense kla
en kla en ek wens hierdie klakouse met wie ek net vandag te doen gehad het
kon sien en ervaar wat ek vroegoggend gesien het - ek wonder waaroor hulle
dan sou kla. Terwyl die ou oor sy koue hamburger kla, vang my oog 'n ou
kleurling wat in die slaghuis se vullis sakke krap. Die ou krap tussen die
sakke en ek hou hom dop. Hy krap iets uit, ruik daaraan, hap en sluk sonder
om te kou.
|
Ek stap nader na hom. Môre, groet ek. Wat is jou naam?
My naam is Abraham my lanie, antwoord hy.
Nou wat doen jy so vroeg hier tussen die ou vrot goed ou Abraham?
Ek is honger my lanie.
Maar ou Abraham, die goed is vrot.
Ek weet my lanie, maar die Jere het nog nie vandag vir my afgegooi nie,
maskien Hy is kwaad vir my.
Ou Abraham, hoekom vra jy nie vir geld as jy iets wil koop om te eet nie?
Ek het my lanie, maar daardie man, (en hy wys na die biltong eter,) hy het
my amper netnou gaslaan, hy sê ek moet voetsek.
Hoe oud is jy Abraham?
78 my lanie.
Waar bly jy Abraham?
Daar bo teen die berg. (Dis 8 km).
En jou mense, ou Abraham?
Net my vrou bly by my, mar sy bene kan nie meer werk nie nou kan sy nie uit
die huis nie.
Kry jy oumens pension, Abraham?
Nee my lanie, nog nie, maar Mandela sal nog plan maak, so ek wag maar vir
hom.
Abraham se broek is nie meer 'n broek nie - sy skoene het nie sole nie en
daar is iets aan sy lyf wat dalk lank terug 'n hemp kon gewees het.
Ek vra in my binneste 'Here, wat nou?' maar ek kry geen antwoord nie, ek
hoor niks.
Ou Abraham, ek dink regtig nie die Here het van jou vergeet nie.
Ja my lanie.
Die ou oë is glasig en dof, sy kop hang al vooroor soos hy jare lank al
probeer om naby hom te sien. Die vullis wa trek in om die vullis te
verwyder, en die manne verskreeu ou Abraham.
Gaan Voort
|